{"id":57,"date":"2012-03-03T12:50:04","date_gmt":"2012-03-03T10:50:04","guid":{"rendered":"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/?page_id=57"},"modified":"2022-03-16T16:46:24","modified_gmt":"2022-03-16T14:46:24","slug":"logo","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/about-us\/logo\/","title":{"rendered":"Why this Logo?"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/makarios_logo.png\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter  wp-image-212\" title=\"makarios_logo\" src=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/makarios_logo.png\" alt=\"\" width=\"261\" height=\"74\" \/><\/a><\/p>\n<p>The Makarios logo was designed by Dean Jensen. Dean is an amazing designer with an awsome testimony. He wrote this explanation on his thoughts for the logo:<em> (our personal addition in Italics)<\/em><\/p>\n<p>Motivation for the elements, should be very obvious but I include my thoughts on them anyway.<\/p>\n<p>1. The beehive or cell structure is a terrific way of illustrating how we as the body of Christ are separate elements or cells but operate as a whole. Also containing a nutrient essence, critical to the growth of those who we are called to &#8216;feed&#8217; or nourish. <em>We see many communities and ventures working together, as separate entities but as a unit.<\/em><\/p>\n<p>2. Orange as always signifies light, growth and warm. Energy. <em>All That God is. Prophetically, the orange color also represents the Tribe of Asher, whose name means blessing and happiness. It also contains a promise that God will place you in a very fruitful place or position.<\/em><\/p>\n<p>3. Stylistically, I have drawn from the Sistine Chapel, specifically a stylised version of the hands. God reaching out to man and vice versa. It symbolises to me, God reaching beyond His realm to us and us beyond ours to Him. God becoming flesh and in turn igniting us in spirit. <em>God touching us and that which is in Heaven becoming part of our earthly lives.<\/em><\/p>\n<p>The hands metaphor I also enjoy because of the physical work of being God&#8217;s hands on earth and in reaching others, we connect our Father with them.<\/p>\n<p>Words being nothing compared to deeds.<\/p>\n<p>A community (or hive) is nothing without reaching out to the horizontal as well as the vertical.<\/p>\n<p><em>(*Ps. At the bottom of the page is an article which we had received from a dear friend &#8211; send to us shortly after Dean had designed the logo! The \u00a0&#8220;touch&#8221; from heaven is referred to in this prophecy as the &#8220;tipping point&#8221; in history. God, ready to bring another &#8220;tipping point&#8221; in our history! \u00a0The timing of God, bringing the Sistine Chapel into our logo and the e-mail received shortly afterwards<\/em>, <em>blew us away!\u00a0Wow! It was a much needed confirmation that we were in tune with God&#8217;s blueprint plan. God is great!!<\/em><\/p>\n<p>4. The fire at left. The furnace of the Spirit which runs our internal combustion, but also fuels all our actions. (In retrospect later the logo also resembled a rescue mission to me, as a powerful hand reaches out to a smaller hand to save it from a fire, perhaps suited to a different conversation) <em>Fire is also representative of the Holy Spirit in our lives. Without the help of the Holy Spirit we can accomplish nothing!<\/em><\/p>\n<p>5. Lastly, typefaces. I have used an informal face, but not a silly or disrespectful face. It should be legible in logo use, but also, when used in headings, on the web or signage for example, we need immediate recognition and association. The type must therefore be distinctive but not old fashioned or too stiff. Young but authoritive.<\/p>\n<p><em>*P<strong>lease read the following content of the above mentioned e-mail &#8211; which confirmed God&#8217;s timing with our Logo and it&#8217;s meaning. This e-mail was send to us by a dear friend and &#8220;Spiritual father&#8221; of ours, Peet Simonis:<\/strong><\/em><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Peet1.bmp\"><img class=\"alignright size-full wp-image-223\" title=\"Peet\" src=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Peet1.bmp\" alt=\"\" \/><\/a><\/p>\n<p><em><strong><span style=\"font-family: 'Times New Roman'; font-size: large;\">S A weer by n \u201cTIPPING POINT\u201d?<\/span><\/strong><\/em><\/p>\n<p><em><strong><span style=\"font-family: 'Palatino Linotype'; font-size: medium;\">Onthullings oor God se boodskappe\u00a0<\/span><\/strong><\/em><em><strong><span style=\"font-family: 'Palatino Linotype'; font-size: medium;\">aan presidente PW Botha en F W de Klerk<\/span><\/strong><\/em><\/p>\n<p><span style=\"color: blue; font-family: 'Palatino Linotype'; font-size: small;\">\u00a0<\/span><span style=\"color: blue; font-family: 'Palatino Linotype';\">Peet Simonis skryf:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: blue; font-family: 'Palatino Linotype';\">Baie mense en organisasies is deur God gebruik om verandering in Suid-Afrika te bring. Louis Wilsenach is een van daardie mense. Hy het n dramatiese en profetiese rol gehad in die totstandkoming van die \u201cnuwe\u201d Suid-Afrika. Ek ken Louis meer as sestien jaar lank en het voor die 1994 verkiesing al gehoor wat hy vir die destydse presidente \u201cgeprofeteer\u201d het. Ek\u00a0 en wou onlangs van hom weet: \u201cIs God tevrede met wat nou in die land gebeur? Wat is God se plan NOU met ons?\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: blue; font-family: 'Palatino Linotype'; font-size: small;\">Hier is sy antwoord:<a href=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Louis-Wilsnach.bmp\"><img class=\"alignright size-full wp-image-224\" title=\"Louis Wilsnach\" src=\"http:\/\/makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Louis-Wilsnach.bmp\" alt=\"\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: blue; font-family: 'Palatino Linotype'; font-size: small;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cDie <\/span><strong style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\"><em>Nuwe Suid-Afrika<\/em><\/strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\"> wat ons van vandag beleef, is nie wat God vir die land begeer het nie, maar dit moes eers hierdie donker, wettelose korrupte plek word, sodat die saad van geloof kan opskiet om die verandering te bring wa hierdie land vorentoe \u2018n \u201cLig onder Nasies\u201d kan maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: blue; font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/span><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS';\">\u201cDis nou die tyd dat die kinders van die Here hulle plekke moet inneem as dienaars om \u2018n radikale ommeswaai te bewerkstellig en te leef in die realiteit van die Koninkryk van God!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Louis Wilsenach (foto), die man wat hierdie groot goed s\u00ea, het die reg verdien om te praat. Dit was hy wat reeds in Januarie 1982 vir Pres. P. W. Botha en sy leiers gewaarsku het dat die destydse beleid van die Regering gedoem is. God wil \u201cgeregtigheid vir almal\u201d in hierdie land h\u00ea en as mnr Botha nie wil uitvoering gee daaraan en dit laat gebeur nie, sal hy vervang word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Dit was die boodskap tydens n voorlegging oor (en teen) die destydse voorgenome Driekamer Parlement, en mnr Mnr Botha se voorspelbare reaksie was een van woede. Hy het nie gehoor gegee nie en Louis se \u201cprofesie\u201d is later bewaarheid. Mnr Botha is na n skielike beroerte \u201dvervang\u201d deur mnr F W de Klerk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Louis Wilsenach het jare lank n groot advertensie maatskappy in Johannesburg bedryf en baie reklamewerk vir die ou Nasionale Party gedoen. Sy radikale boodskap aan mnr Botha en sy destydse kabinet, het hom sy reklame kontrak met die Regering gekos en hy was vir lank nie weer genader om werk vir die Nasionale Regering te doen nie &#8230; tot mnr De Klerk president geword het. Toe is hy weer genader \u201com \u2018n platform te help skep\u201d om steun te werf vir die NP \u2013 veral by Engelssprekendes &#8211; in die algemene verkiesing wat op hande was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Louis het gevra dat mnr De Klerk hom privaat kom spreek in sy kantoor in Johannesburg. Vandag kan hy skaars glo dat hy die moed gehad het om dit te doen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cNa \u2018n besoek van die veiligheidsmanne om te kyk of alles in orde sal wees, het die President gekom. Hy het my vertel dat sy verkiesing as leier van die party en as President heeltemaal onverwags was. Daar moes egter \u2018n algemene verkiesing kom en die groot vraag was &#8211; wat moet die boodskap aan die kiesers wees?\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cEk het met hom gedeel wat die Here al ses jaar tevore \u00a0in my hart geplant het \u2013 \u2018n konsep bestaande uit net drie woorde: \u2018n <strong>NUWE SUID-AFRIKA!<\/strong> Dit sou behels dat al die mense van alle kleure direkte inspraak in die toekoms sou h\u00ea \u2013 geregtigheid vir almal. Dat alles wat verkeerd was in die \u201cou\u201d Suid Afrika reg gemaak moet word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Mnr De Klerk se eerste reaksie was: \u201cLouis, dis presies die teenoorgestelde\u00a0 van wat al my ander raadgewers s\u00ea \u2013 hulle advies is dat ek moet sterk staan \u2013 selfs sterker as my voorganger!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">My antwoord aan FW was: \u201cJy weet as God \u2018n opdrag gee, is daar altyd seeninge wat volg as mens gehoorsaam is<span style=\"color: blue;\">,<\/span> en \u2018n waarskuwing indien nie. Dis wat God jou beloof:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cAs jy di\u00e9 weg inslaan, sal Hy dit seen. Jy sal bekend staan as een van die groot leiers van ons tyd wat uitnodigings sal ontvang van koninklikes en jy sal tuisgaan in paleise!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 \u201cJy sal n uitnodiging van die Withuis ontvang en terwyl jy daar is, sal die vlootorkes Die Stem speel in die Withuis se roostuin!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 FW het na my gekyk, \u2018n sigaret aangesteek en gegroet met die woorde: \u2018Gee my n paar dae om daaroor na te dink. Ek sal jou bel\u2019.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Toe hy uitstap het ek gewonder: \u2018Here, het ek U stem reg gehoor\u2019?Want wat God vir FW belowe het, was totaal uit die kwessie uit op daardie stadium van ons geskiedenis!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Twee dae later het FW my gebel: \u2018Ek glo dis die regte koers, maar ek wil h\u00ea jy moet \u2018n aanbieding aan die Kabinet kom doen oor jou <strong><em>Nuwe Suid-Afrika<\/em><\/strong>-idee.\u2019<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Die plek waar die kabinetsvergadering sou wees, was die Ou Raadzaal van die destydse Transvaalse Republiek op Kerkplein, Pretoria. PW was nog briesend en wou nie toestemming gee vir die kabinet om op die gewone plek te vergader nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0FW het my genooi om daar bo by hom, op die presidesiele bank te kom sit, en het begin deur te s\u00ea: \u2018Hierdie is n historiese geleentheid \u2013 nie alleen is dit my eerste vergadering as president met my kabinet nie, maar dit vind plaas in hierdie historiese plek&#8230;\u2019 en toe het hy gevra dat ek die konsep van die Nuwe Suid-Afrika met die oog op die verkiesing moet aanbied.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Ek het begin met n ontleding van die destydse politieke toestand, maar het nie v\u00ear gevorder nie toe van die ouer lede van die kabinet luidkeels beswaar begin maak het. Generaal Magnus Malan het eerste opgespring en daarop aangedring dat FW my die swye opl\u00ea oor ek besig was om volgens hom absolute onsin kwyt te raak. Daar was n koor van instemming van die ouer garde.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0FW wou weet of ek hulle wil antwoord, maar ek het dit aan hom oorgelaat wat hy braaf en met oortuiging gedoen het en ek kon aangaan met die aanbieding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Skielik het Pik Botha\u00a0 opgespring met n on-politieke kreet: \u2018<strong>Halleluja<\/strong>!\u2019 en dadelik opgevolg met: \u2018&#8230; ek wag al jare op die oomblik!\u2019 <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Hy het opgewonde en entoesiasties geklink. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Van die jong leeus het hom gesteun. Die atmosfeer in die raadsaal het verander en daar was n nuwe gees. My voorstelle vir \u2018n \u201cNuwe Suid-Afrika\u201d is aanvaar. Die res is geskiedenis. En die Vlootorkes het inderdaad \u00a0Die Stem gespeel toe FW by die Withuis was! \u00a0<strong>Maar die Nuwe Suid-Afrika waarvan almal praat en waarin ons ons vandag bevind, is nie wat God wou h\u00ea nie \u2013 nog nie!<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0En ek hoor niks van God met betrekking tot \u2018n <strong>politieke<\/strong> oplossing nie. Tog glo ek die volgende hoofstuk in ons geskiedenis, sal wonderliker wees as enigiets wat vantevore gehoor is. <\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">God wil ons &#8216;n lig maak vir die nasies!<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u00a0 \u201cJa, ek glo die tyd het aangebreek dat God SY Koninkryk hier en elders wil vestig. Die sleutel tot \u2018n hoopvolle toekoms is geloof. Die afstammelinge van die Hugenote wat 287 jaar lank n prys betaal het daarvoor, weet iets van wat dit beteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u00a0 \u201cIn die reklamew\u00eareld waar ek met die Here se hulp en seen soveel sukses behaal het, het ek die waarheid ervaar van wat die bekende Amerikaanse skrywer Malcolm Gladwell in sy boek <strong>The Tipping Point<\/strong> verwoord \u2013 dit is daardie oomblik in tyd\u00a0 wanneer \u2018n idee, \u2018n konsep, skielik reg lyk, momentum kry en &#8216;n onstuitbare mag word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cAngus Buchan sal waarskynlik ook nie kan verduidelik presies wanneer daardie tipping point, daardie paradigmaskuif in sy lewe en bediening gekom het nie, maar skielik het oor die sestig duisend manne drie jaar gelede op sy plaas toegesak om God te soek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cEk dink nie dat die drie woorde wat God my gegee het: \u201cNuwe Suid-Afrika\u201d \u2018n einde gebring het aan Apartheid nie, maar dit was \u2018n \u201cTipping Point.\u201d Dit het die skaal help swaai.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u201cVandag in Suid-Afrika is ons weer op so \u2018n plek \u2013 die oomblik dat God se vinger op die punt is om ons so aan te raak soos in Michael Angelo se beroemde skildery in die Sistynse Kapel.\u00a0 <\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Hierdie is nie iets wat alle politici en alle ander sal verstaan nie, maar dit sal tragies wees as die waarheid hiervan nie gaan deurdring tot gelowige volgelinge van die Here nie. Baie van hulle soek op ander plekke \u2013 in gesondheid, welvaart, profesie, woorde van kennis, lofprysing, aanbidding. Ons kerke het ook allerhande strategie\u00eb om soekendes aan te trek en gelde in te samel vir bou programme en dit en dat. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Daar word geskryf oor ons lewensdoel, roeping en gawes, maar ons mis God se prim\u00eare doel wat Jesus verwoord met die woorde: <strong>\u2018Soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid &#8230;en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word\u2019 en:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u2018<strong>Ek moet die Koninkryk van God verkondig \u2013 dis waarvoor Ek gekom het&#8230;\u2019 <\/strong>God waarsku as ons dit nie verstaan nie, sal die bose dit weggryp. So dit is van die grootste belang dat ons verstaan wat Sy wil en plan is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS';\">Ek glo dis die <strong>sleutel<\/strong> tot Suid-Afrika se redding dat ons die boodskap van die Koninkryk moet verstaan en in hierdie tyd daarin sal leef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u201cOns <strong>moet<\/strong> nou God se raad vra, want die Nuwe Suid-Afrika is besig om ineen te stort. Ons kan nie ontsnap van die wetteloosheid, korrupsie, die moordenaars, verkragters en diewe nie. Baie vlug weg uit die land , maar ook hulle kan nie ontsnap van die roeping en plan wat God met ons en hulle het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Ons het &#8216;n wonderwerk nodig, maar in Christus is <\/span><strong><strong><em><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: medium;\">ons<\/span><\/em><\/strong><\/strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS';\"> die wonderwerk! <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Ons moet nou net die rivier van onkunde en ongeloof oorsteek na die Koninkryk wat Jesus meer as 2000 jaar gelede hier op aarde kom vestig het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 \u00a0&#8220;Dis twee koninkryke wat sy aan sy bestaan \u2013 die Koninkryk van Suid-Afrika en die Koninkryk van God. Laasgenoemde is tans \u2018n drywende ark in n see van rampe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u00a0 \u201cDie Koninkryk van God begin kleiner as die politieke koninkryk, maar dit sal groter en groter word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0\u00a0 \u201cDie sleutel om hierdie Koninkryk te ontsluit en daarin te leef, is dat ons soos Jesus DIENAARS moet word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0Ons wat glo dat ons die kennis en ervaring het om die land, die munisipaliteite, die polisie soveel beter te bestuur as sommige van die wat misluk, moet dienaars word van hulle wat veronderstel is om di\u00e9 take en ander verpligtinge uit te voer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 \u201cIn God se Koninkryk is dienaars heersers. Ons moet die <strong>\u201cdienaars en die doeners\u201d<\/strong> wees. Dan sal ons die wonder sien van hoe God die land sal regeer en seen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 \u201cKinders van die Here moet hulle lig, wysheid en kundigheid na elke hoekie en gaatjie van hierdie land neem. <em>In plaas van te pak vir Perth, moet ons ingenieurs hulle self verneder, hier bly en diensbaar wees &#8211; ander kundiges ook.<\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">\u00a0 \u201cOns word geroep om te groei waar God ons geplant het \u2013 om die sout van die aarde te wees. Laat ons dit uitleef as dienaars &#8211; waar ons ookal is. Dan sal hierdie land deel wees van God se Koninkryk &#8211;\u00a0 \u2018n Lig vir die nasies!\u201d<\/span><\/p>\n<p>&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8212;&#8211;<\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">PEET SIMONIS<\/span><\/strong><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS';\">\u00a0s\u00ea: <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Wonderlike getuienis en plan Louis! Baie dankie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Mag ek byvoeg dit is ook belangrik dat ons dinge <em>in die regte gees<\/em> sal doen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">God moet deelnemers se harte en lewens verander. Dis ons as gelowiges se aangename taak om <strong>\u00a0<\/strong>oral te verduidelik<strong> hoe dit in die praktyk kan gebeur.<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Dan kan \u201cdienaars\u201d se goeie werke van en deur Hom wees en LEWE wek en nie verder dood saai nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Baie hulpverlening moet stil-stil geskied. Ons moenie altyd media toe hardloop en vertel hoe \u201cwonderlik en slim ons is\u201d (is ons?) en hoe sleg en onbekwaam die mense wat ons wil help nie (is hulle?). Dan maak ons net nog meer vyande en kom daar nie konstruktiewe samewerking nie.<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Maar daar is reeds baie wat in die regte gees doen wat Louis sien as die oplossing. Dis druppels van seen. Kom ons bid dat dit n stortreen word. <\/span><\/li>\n<li><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\">Volgende keer vertel ek DV hoe God \u2018n groep boere en hulle werkers in die Oos-Vrystaat gebruik het om in die regte gees n wonderlike stuk werk te doen. Dit sal jou ook baie bemoedig Louis!<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-family: 'Comic Sans MS'; font-size: small;\"> Peet kan gebel word by \/ can be contacted at: 0845827113<\/span><\/p>\n<!-- AddThis Advanced Settings generic via filter on the_content --><!-- AddThis Share Buttons generic via filter on the_content -->","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The Makarios logo was designed by Dean Jensen. Dean is an amazing designer with an awsome testimony. He wrote this explanation on his thoughts for the logo: (our personal addition in Italics) Motivation for the elements, should be very obvious but I include my thoughts on them anyway. 1. The beehive or cell structure is &hellip; <a href=\"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/about-us\/logo\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Why this Logo?<\/span> <span class=\"meta-nav\">&rarr;<\/span><\/a><!-- AddThis Advanced Settings generic via filter on get_the_excerpt --><!-- AddThis Share Buttons generic via filter on get_the_excerpt --><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":53,"menu_order":2,"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/57"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=57"}],"version-history":[{"count":16,"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/57\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":693,"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/57\/revisions\/693"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/53"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.makarioscommunities.co.za\/makarios\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=57"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}